Tuesday 8 May 2012

Assessering in die klaskamer

Tydens ons April proeftydperk het ons meer verantwoordelikhede ontvang en kennis op gebou.  Ons verstaan nou presies hoekom en wanneer assessering plaasvind.

Die woord assesseer kom van die Latynse woord “assidere” af wat beteken om saam te sit. Dit impliseer dat ons iets saam en vir die leerders doen om dit meer betekenisvol te maak. (Harper-Marnick, 1999).  Assessering moet kennis, vaardighede, waardes en houdings in sluit sowel as die toepassing hiervan binne ‘n tydraamwerk (Lundie, 2008).  By CAPS onderskei ons tussen informele assessering, wat die daaglikse monitor van leerders se vordering is, sowel as formele assessering wat die sistematiese evaluering van ‘n leerder se vordering is.

Assessering is die stelselmatige, deurlopende proses van monitering van die leerproses ten einde vas te stel wat ons goed doen en wat ons moet verbeter (Harper-Marnick, 1999).  Assessering word ook beskou as ’n raming en aktiwiteite wat leerders se leer meet.  Deur gebruik te maak van leeruitkomstes en gepaste assesseringstandaarde is menslike eienskappe ook duidelik.

Assessering is die meting van data wat uit die opdrag verkry word wat help met evaluering.  Dit is ‘n benadering wat gevolg word om die leerder se vordering te assesseer deur assesserings vorme wat die leerling verstaan.

Deur assessering kan leerders terugvoer ontvang van toetse vordering of tekrotkominge.  Hierdeur kan leerders weet waarop hulle moet aandag gee en waarop daar meer gefokus moet word.  Hierdie assessering lig die onderwyser en leerder in oor vordering.  Onderwyser gebruik die assessering byvoorbeeld, in die vorm van toetse, onderwysers kan uit hierdie terugvoer sien waarmee leerders sukkel.  Ouers kan byvoorbeeld by oueraande of wanneer hulle die leerders se toets moet teken sien of hulle kind vordering toon of nie.  Formatiewe assessering toon of leerders goed of sleg vaar en op watter vlak die leerder is.


BRONNE

HARPER-MARNICK, M.  1999.  Why Assessment? 
http://www.mcli.dist.maricopa.edu/LF/Spr99/assidere1.html Datum van gebruik: 4 Mei. 2012.

LUNDIE, S. 2008. Design and conduct outcomes based assessment: accredited assessor course manual.  Potchefstroom: Platinum Press.